Stormloop vir Afrika

Gebiede van Afrika wat in 1913 onder beheer van die Europese koloniale magte was, getoon saam met die huidige nasionale grense:
██ Belgies ██ Brits ██ Duits ██ Frans ██ Italiaans ██ Portugees ██ Spaans ██ onafhanklik

Die Stormloop vir Afrika, ook na verwys as die Wedloop om Afrika (Duits: Wettlauf um Afrika; Engels: Scramble for Africa), is die benaming wat deur historici gegee word aan die fase van die kolonialisasieproses van Afrika tussen ongeveer 1880 en die begin van die Eerste Wêreldoorlog. In hierdie periode probeer 'n aantal Europese moondhede om elk so groot deel as moontlik van Afrika onder hul direkte heerskappy te bring. Tot daardie tyd het die rol van Europa in baie gevalle beperk gebly tot die vestiging van handelsposte en minder direkte vorme van magsuitoefening, soos die sluit van verdrae met lokale magshebbers. Namate die negentiende eeu gevorder het, het leiers dit steeds meer dringend geag om ander (Europese) moondhede voor te spring. Op die Koloniale Konferensie van Berlyn van 1884/1885 'verdeel' die Europese lande Afrika onderling met mekaar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne